handle: 10394/23647
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste. Ten einde verantwoorde keuses met betrekking tot VivA se produk- en diensaanbod te maak, is kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing gedoen om tekortkominge in die Afrikaanse mark van digitale taalprodukte te bepaal. Sewe temas is uit die fokusgroepgesprek geïdentifiseer. Een van die belangrikste bevindinge is dat 'n groot deel van die Afrikaanse gebruikers in hierdie steekproef nie geweet het van die Afrikaanse Wiktionary en Wikipedia nie. Dit het duidelik geblyk dat Afrikaanse gebruikers veral n behoefte het aan vier elektroniese Afrikaanse hulpmiddels, te wete 'n aanlyn/mobiele weergawe van Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; 'n Afrikaanse grammatikatoetser; 'n terminologiebank; en outomatiese vertaalhulpmiddels. Ofskoon die meerderheid respondente n redelik negatiewe belewenis met betrekking tot outomatiese vertaalhulp gehad het, is bevind dat n beduidende aantal tog positief daaroor is en n sterk behoefte aan so n hoëkwaliteitproduk het. Op grond van hierdie navorsing is die markbehoeftes van die Afrikaanse gemeenskap bepaal en verskeie produkte en dienste is voorgestel. Ten einde aan die geïdentifiseerde markbehoeftes te voldoen, sluit VivA se aanvangsprodukte en -dienste onder andere die volgende in: Woordeboekportaal; Taalportaal; Adviesportaal; Korpusportaal; en Inligtingsportaal.
taaladviesdiens, Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), Market research, Technology, mobiele toepassing, Mobile application, markbehoefte, Dictionary, Noordwes-Universiteit (NWU), North-West University (NWU), terminology, terminologie, grammatika, Market needs, mensetaaltegnologie, Language advice service, marknavorsing, Grammar, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), Human language technology, Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), Taalportaal, tegnologie, Wiktionary, mobile application, market needs, Terminology, woordeboek, language advice service, Dagbreek Trust, human language technology, market research, technology, grammar, Afrikaans, Wikipedia and Wiktionary, Wikipedia, dictionary

| selected citations These citations are derived from selected sources. This is an alternative to the "Influence" indicator, which also reflects the overall/total impact of an article in the research community at large, based on the underlying citation network (diachronically). | 1 | |
| popularity This indicator reflects the "current" impact/attention (the "hype") of an article in the research community at large, based on the underlying citation network. | Average | |
| influence This indicator reflects the overall/total impact of an article in the research community at large, based on the underlying citation network (diachronically). | Average | |
| impulse This indicator reflects the initial momentum of an article directly after its publication, based on the underlying citation network. | Average |