
Die geskiedenis van manlikheid is 'n relatief nuwe genre waarin Suid-Afrikaanse academici begin beweeg. Geslagsidentiteit en identiteitsvorming het vanaf die 1980 wêreldwyd meer aandag begin geniet. ldentiteite word as belangrike faktore gesien in die vorming en instandhouding van gemeenskappe en kan die verloop van die geskiedenis net so veel as klas, ras, ouderdom, ens., beinvloed. Die doel is om 'n werkbare voorstel vir die skryf van 'n geskiedenis van manlikheid uiteen te sit. Om die doelstelling te bereik word daar kortliks gekyk na wat manlikheid, identiteit, vrouestudies, mansstudiesen geslagsstudies behels. Die geskiedenis van manlikheid handel oor identiteite en persepsies van wat dit is om 'n man te wees en wat die rol van so 'n identiteit in die samelewing is. Tradisionele geskiedenisse wat meestal deur mans geskryf is (asook die wat deur vrouens vir vrouegeskiedenis geskryf is) dui op neutrale geslagsidentiteite. Die doel van manlikheidsgeskiedenis is dus om die geslagsidentiteit uit te lig.
south africa, Masculinity, masculinities, Gender Identity, Historiography, Men, History, 20th Century, South Africa, C, Social Conditions, Auxiliary sciences of history, Humans, Interpersonal Relations, Women
south africa, Masculinity, masculinities, Gender Identity, Historiography, Men, History, 20th Century, South Africa, C, Social Conditions, Auxiliary sciences of history, Humans, Interpersonal Relations, Women
| selected citations These citations are derived from selected sources. This is an alternative to the "Influence" indicator, which also reflects the overall/total impact of an article in the research community at large, based on the underlying citation network (diachronically). | 0 | |
| popularity This indicator reflects the "current" impact/attention (the "hype") of an article in the research community at large, based on the underlying citation network. | Average | |
| influence This indicator reflects the overall/total impact of an article in the research community at large, based on the underlying citation network (diachronically). | Average | |
| impulse This indicator reflects the initial momentum of an article directly after its publication, based on the underlying citation network. | Average |
